Saturday, January 16, 2010

SUID-AFRIKA

VIR SUID-AFRIKA

Hoe om oorsese produkte op die internet te koop en met ‘n kredietkaart te betaal.

Vir mense in Suid-Afrika is dit maklik om vir oorsese produkte te betaal deur ‘n kredietkaart te gebruik. Enige persoon kan tot R20 000 se oorsese produkte per jaar met ‘n gewone kredietkaart koop, reg hier in Suid-Afrika. Geen spesiale toestemming is nodig nie. Byvoorbeeld: Indien ‘n produk in dollar geprys is, sê 50 dollar. Tik eenvoudig u kredietkaartbesonderhede in op die veilge webwerf(bv. Clickbank) waar u die produk bestel. U kredietkaart-maatskappy sal onmiddellik die koste van die $50 produk op daardie spesifieke tydstip na rand verwerk, byvoorbeeld R350. Die Suid-Afrikaanse maatskappy sal dan u rekening met R350 debiteer.
Niks kan so maklik wees as om ‘n oorsese produk in dollar of euro te bestel en onmiddellik daarvoor met u Suid-Afrikaanse kredietkaart te betaal nie.

Vir Internet-bemarkingsmetodes en ander gratis opsies besoek my webwerf by http://onlinebusiness.ws

No comments: